Goeiedag,
Ek is Dr Pierre Morgenrood (geb 19 November 1946) en woonagtig in Pretoria Zuid-Afrika.
Ek is 'n agter-agter kleinseun van Hendrik Nicolaas Morgenroth, geb Schwarzburg in Thuringen, Duitsland 5 Desember 1750, Wynberg (Kaapstad) 7 Junie 1825, gehuwd 2 November 1805 Eva Catharina Siese (d.v Johann Adam Siese en Jurriana Frederika van Bernago), geb Kaapstad 8 Februarie 1788, oorl Prospect Cottage, Sunninghill, Wynberg 2 Mai 1856. HNM se broer Johannes Hendrik Morgenroth was ook aan die kaap. Hy is in 1752 in Blankenburg, Thuringen (8 kilometer van Schwarzburg) gebore en is op 9 Junie 1825 in Wynberg oorlede. Die Cape Town Gazette and African Advertiser het hulle vanne in sterftekennisgewings as Morgenroth aangetoon en my voorste het konstant die vorm Morgenrood gebruik vanaf na 1825.
Die Vereenigde Oost-Indiesche Compagnie (VOC) se Generale Monster Rollen het vir 1770 Johann Hendrik Morgenroth as Companies dienaar getoon - vandag sal ons so iemand ‘n bloukraagwerker noem. Vir die res kon ek geen rekords oor die twee broers aan die Kaap opspoor nie. Ek dink die twee broers was sogenaamde Hollandgangers - migrante op soek na ’n beter ekonomiese lewe in Holland. Albei het moontlik by die VOC aangesluit en ek spekuleer dat hulle eintlik in Batavia in die OOste was. Toe die VOC omstreeks 1795 ontbind het, het hulle moontlik na Nederland teruggekeer - maar hulle het nie verder as die Kaap gekom nie.
Volgens my is Morgenrood definitief die Dietse of Niederdeutsche vorm van Morgenroth. OP soek van die Duitse voorsprong van u Morgenroth/Morgenrood voorste sal ek aanbeveel dat u na Thuringen, Oberfranken en Nieder Sachsen kyk. Wat u moontlik ook kan oorweeg is die moontlikheid dat die Morgenroths oorspronklik ‘n Joodse familie was. HNM was nooit ’n lidmaat van die Lutherse Kerk aan die Kaap - sl;egs sy eggenote was. In 21807 het Philip Leeb van Worms aan die Kaap aangeland en HNM was skynbaar sy oom. Sy boedeldokumente toon heelwat Joodse familie in die Suide van Duitsland.
Groete,
Pierre Morgenrood